Die koronasyfer in Suid-Afrika het oornag met meer as 13 000 gevalle gestyg. Daar is nou ’n totaal van 394 948 positiewe gevalle in Suid-Afrika.
Die Nasionale instituut vir oordraagbare siektes (Nios) het in ’n verslag bekendgemaak die Noord-Kaap is steeds die provinsie met die minste aantal persone wat positief vir die virus getoets het. Die Noord-Kaap het 2 727 gevalle. Gauteng is steeds die provinsie met die meeste aantal gevalle. Daar is tans 144 582 positiewe gevalle van die virus in dié provinsie.
Daar is nou ’n totaal van 5 940 sterftes en 229 175 persone is al van die virus genees.



