KIMBERLEY – Die polisie hier is op soek na Sarah Opong (29) wat op 23 Junie 2020 in die Middestad-omgewing vermis geraak het.
Sarah is ’n burger van Ghana en sy het vir een van haar vriende kom kuier toe sy vermis geraak het.
Indien enigiemand haar gesien het of weet waar sy haarself bevind, skakel asseblief vir a.o. Markgraf van die Kimberley-speuradeling by 078 047 4434 of crime stop by 08600 10111.



