Polisie stel weer voormalige polisiebeamptes aan

Deel hierdie storie / Share this story

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens gee geleentheid aan opgeleide en bekwame polisiebeamptes wat die diens eerbaar verlaat het in die range van konstabel, sersant en adjudant-offisier om weer in te skryf.

Die heraanstelling van voormalige polisiebeamptes vorm deel van die polisie se verbintenis tot die verbetering van die personeelvlakke om die organisasie in staat te stel om sy grondwetlike mandaat van misdaadbestryding na te kom en die inwoners van die land veilig te hou.

Die suksesvolle kandidate sal in eenhede geplaas word waar daar tans ’n tekort is, soos die gespesialiseerde eenhede van gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe, die polisie in die openbare orde, sowel as nuut gevestigde eenhede soos die eenheid vir taxi-geweld, die eenheid vir onopgeloste sake en moord- en roofeenheid.

Die amptelike aansoekvorms is verkrygbaar op die webwerf van die Suid-Afrikaanse Polisiediens www.saps.gov.za.

Die sluitingsdatum vir aansoeke is 2020-07-31.