Steyn Jacobsohn (27), eienaar van South Post Lodge, het op 18 Julie 2020 ’n ongelooflike stryd om oorlewing in die Mjejane-wildreservaat op video vasgevang. ’n Geveg tussen leeus het vir omtrent drie ure voortgeduur voordat een aan sy wonde beswyk het.
Tydens die geveg het die leeus deur ’n trop olifante gehardloop en die verskrikte olifante het die geveg opgebreek. Die geveg het vyf minute later weer opgevlam.
Seekoeie wat by die dam was, het die geveg ook ’n paar keer probeer opbreek.
Ongelukkig het die jong leeu, waarvan die rug glo gebreek was, nie lank daarna nie dood.
Lees die volledige storie hier: https://www.latestsightings.com/single-post/2020/07/20/3-Male-Lions-Attacking-Another-Lion-Get-Interrupted-by-Elephants-and-Hippos-Mjejane?shoutout



