Crystal Viljoen en haar gedugte span met hulle vaardighede en borrelende persoonlikhede verseker jou van ‘n wonderlike ervaring by dié salon.
Die tweeling sorg vir ‘n manshaarsny, massering en gesigbehandeling, ‘n eerste vir Kimberley! Die prys hang van die pakket af.
D’Hair To Be Different gebruik ‘n wye verskeidenheid van produkte vir haar- en velsorg, soos Wella, Inoar, Icon, Cocoa Brazil, GHD, Cloud Nine, Kalahari en Liposculpt.
Dié salon spesialiseer ook in die Brazilian Blow, ook bekend as kreatienbehandeling.
Crystal die eienaar van D’Hair To Be Different, sê sy glo in die produkte wat sy gebruik. “Kalahari Professional Skin Care se ontwerper verstaan presies watter impak die warm Noord-Kaapse klimaat op ‘n vrou se vel kan hê. Die produkte is ryk in anti-oksidante, anti-inflammatoriese bestanddele en natuurlike olies.”
Sy vertel verder hoe die behandeling met Kalahari-produkte by haar salon jou die geleentheid gee om die wonderlike produk te gebruik, eerder as om duisende rande op selfsorgprodukte wat nie werk nie, te mors.
“Het jy wintervetjies waarvan jy ontslae wil raak? Ons het die oplossing daarvoor! Liposculpt is die perfekte geleentheid vir jou om vinnig van daardie ekstra vetjies ontslae te raak, sonder ‘n gesukkel. Liposculpt fokus op gewigsverlies, selluliet en waterreduksie. Met behulp hiervan kan jy die perfekte lyfie waarna jy nog altyd gesmag het, maklik kry.”
“Wella-haarprodukte is vir die afgelope 135 jaar een van die toonaangewendste haarprodukte in die wêreld. Die produkte verseker haarsorg tussen besoeke aan die salon.
“There is no blonde like a Wella blonde.”
Spesiale aanbiedinge (Terwyl voorraad hou)
Vol foelies, sny & blaas
S – R520
M – R620
L – R750
XL – 950
Kleur, foelies, sny & blaas
S – R500
M – R610
L – R720
XL – R920
Kom in vir die Brazilian en kry ‘n gratis sjampoe & opknapper ter waarde van R550.
Naels (tips ingesluit) – R200
Kalahari facial – R230
Om van die wintervetjies ontslae te raak
G5 (10 sessies) – R800
Slimline (10 sessies) – R800
Vir die manne:
Manshaarsny – R60
Seunshaarsny – R60
Sny, skeer & massering – R150
Sny, skeer & mini facial – R210


























