KIMBERLEY – ‘n Winkeleienaar in New Park is Sondag in hegtenis geneem na die polisie glo R10 000 se sigarette in sy winkel gekry het.
Brig. Mohale Ramatseba, polisiewoordvoerder, sê die polisie het op ‘n persoon wat sigarette vir R550 probeer koop het, afgekom.
“Die winkel is dadelik deursoek en die polisie het sigarette ter waarde van R10 000 gekonfiskeer,” sê brig. Ramatseba.
Die 32-jarige winkeleienaar is op aanklag van oortreding van die wet op rampbestuur tydens die inperking in hegtenis geneem.
Die ondersoek duur voort.



