Laerskool Eureka nou oop vir alle grade

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY – Laerskool Eureka is die eerste skool in die Noord-Kaap wat vandag hulle deure vir alle grade oopgemaak het. Alle leerders van gr.RR tot gr.7 is vandag terug skool toe.

Mnr. Manie Verreynne, skoolhoof het in ’n boodskap aan ouers gesê die skool baie trots is om een van die min skole in die land te wees wat alle grade laat terugkeer het. “Ek is trots daarop dat Eureka vandag vir alle grade vanaf gr.RR tot gr.7 oop is. Bywoning is baie goed en kinders kom op alternatiewe dae skool toe. Alle veiligheidsmaatreëls is volledig in plek. Ons is die enigste skool in die Noord-Kaap wat vir alle grade oop is en sekerlik een van die min in die land. Wees saam met ons bly oor die genade wat Eureka uit Sy Vadershand ontvang.”