Covid-19: Nuutste syfers

Deel hierdie storie / Share this story

Die koronasyfer in Suid-Afrika het oornag met meer as 13 000 gevalle gestyg. Daar is nou ’n totaal van 364 328 positiewe gevalle in Suid-Afrika.

Die Nasionale instituut vir oordraagbare siektes (Nios) het in ’n verslag bekendgemaak die Noord-Kaap is steeds die provinsie met die minste aantal persone wat positief vir die virus getoets het. Die Noord-Kaap het 2 266 gevalle. Gauteng is steeds die provinsie met die meeste aantal gevalle. Daar is tans 133 617 positiewe gevalle van die virus in dié provinsie.

Daar is nou ’n totaal van 5 033 sterftes en 191 059 persone is al van die virus genees.