Seuns kom op lyk af

Deel hierdie storie / Share this story

Seuns wat Saterdag in die veld tussen Gamakgatle en Dithakong na hulle donkies gesoek het, het op die lyk van ‘n vrou tussen die ouderdom van 30 en 35 afgekom.

Brig. Mohale Ramatseba, polisiewoordvoerder, sê die polisie ondersoek tans ‘n moord- en verkragtingsaak.

Die polisie doen ook ‘n beroep op die gemeenskap om te help om die slagoffer te identifiseer.

“Die oorledene is tussen 30 en 35 jaar oud, het ‘n donker gelaatskleur kort hare en is stewig gebou. Sy het ‘n groen-en-rooi T-hemp aangehad en was naak van haar middel af ondertoe,” sê brig. Ramatseba.

As enigiemand weet van iemand wat vermis is wat by die beskrywing pas of die oorledene dalk in die omgewing gesien het, kontak vir kapt. Richard Blaar by 083 443 7942.