’n Man (28) het vanoggend in die Molopo-landdroshof verskyn op aanklag van grafskending. Dié man het glo sy pa se oorskot uit sy graf verwyder.
Brig. Sabata Mokgwabone, polisiewoordvoerder, sê die polisie het inligting opgevolg wat daarop gedui het dat Fikile Modukanele in besit van menslike beendere is. Volgens Mokgwabone is sy bagasie deursoek en kon hulle die beendere in twee van sy sakke kry.
“Modukanele het tydens die ondervraging gesê die beendere is sy pa s’n en hy het dit uit ’n graf in Moshawane gegrawe.
Die beendere is vir forensiese toetse gestuur en Modukanele sal Woensdag weer in die hof verskyn.



