President Ramaphosa praat oor plaasmoorde

Deel hierdie storie / Share this story

President Cyril Ramaphosa het Woensdagaand gedurende die presidensiële imbizo die regering se kommer oor plaasaanvalle uitgespreek.

Die president het verduidelik dat alhoewel hy nie altyd direk oor plaasmoorde praat nie, hy tog daaroor bekommerd is. “Enigiemand wat vermoor word, is ’n groot bekommernis vir ons. Die aanvalle wat op plase plaasvind, is beslis ’n kwessie waaroor ons bekommerd is. Net omdat ek nie praat oor moorde wat op please plaasvind nie, beteken nie ek is nie daaroor bekommerd nie.”

Hy het gesê hy is bekommerd oor die lewe van ál die mense en hy sluit álmal in. “Diegene wat op plase vermoor word, diegene wat in die informele nedersettings vermoor word, diegene wat in die stede vermoor word en diegene wat op plase vermoor word.”

President Ramaphosa het verder gesê hy het onlangs vir die polisie opdrag gegee om meer op plaasaanvalle en -moorde te fokus.