13-jarige sterf by skool

Deel hierdie storie / Share this story

VRYSTAAT – ’n Meisie is Woensdag by die skool dood na sy by die skool inmekaargesak het. Sy is daarna na die skool se siekeboeg gehaas.

’n Verklaring wat deur die department van onderwys uitgereik is, sê die meisie was ’n graad 7-leerling aan Amohelang Primary School in Botshabelo.

Tate Makgoe, LUR van die departement van onderwys, het gesê hy is regtig ontsteld en hartseer oor die nuus van haar afsterwe.

“Mag God haar familie en die skoolgemeenskap van Amohelang Primary School die moed en krag gee om die storm te oorkom.”

Keneuwe Ndwandwa, ma van die meisie, het aan Netwerk24 gesê haar dogter was blakend gesond toe sy die oggend die huis verlaat het. “Ek is verpletter, stukkend.”

Die oorsaak van haar dood is nog onbekend en word ondersoek.