Die koronasyfer in Suid-Afrika het oornag met meer as 10 000 gevalle gestyg. Daar is nou ’n totaal van 298 292 positiewe gevalle in Suid-Afrika.
Die Nasionale instituut vir oordraagbare siektes (Nios) het in ’n verslag bekendgemaak die Noord-Kaap is steeds die provinsie met die minste aantal persone wat positief vir die virus getoets het. Die Noord-Kaap het 1 579 gevalle. Gauteng is steeds die provinsie met die meeste aantal gevalle. Daar is tans 107 070 positiewe gevalle van die virus in dié provinsie.
Daar is nou ’n totaal van 4 346 sterftes en 146 279 persone is al van die virus genees.



