Nestlé het bevestig die gewilde sjokokadestafie, Chocolate Log, sal binnekort nie meer op die rakke verskyn nie.
Die produksie sal aan die einde van dié maand gestaak word.
Dié sjokolade bestaan uit ‘n malvalekker op ‘n wafer, in sjokolade gedoop, en is vir die afgelope 50 jaar op die rakke en ‘n gunsteling onder baie.
Zweli Mnisi, woordvoerder vir Nestlé, het dié nuus bevestig. Daar is geen rede vir die besluit gegee nie, maar sy het wel genoem dat die maatskappy na ‘gesonder en lekkerder’ produkte streef om aan Suid-Afrikaners te bied.
Sy sê een van die belangrike dinge om van die sjokoladebedryf te onthou, is dat verbruikers van nuwe produkte hou.
“Daarom beplan Nestlé om binne die volgende maand ‘n reeks nuwe produkte bekend te stel.”



