Volgens ’n verklaring wat deur die department van onderwys uitgereik is, word samesprekings binnekort gehou om die impak wat die piek van die pandemie op skole het, te bespreek. Die samesprekings sal teen Vrydag afgehandel wees.
In ’n verklaring sê die departement die besluit om die skole te heropen is na deeglike oorweging deur die kabinet geneem en skole sal dus tot verdere kennisgewing oop bly.
Daar is ook sprake dat minister Angie Motshekga haar vergadering met SADTU gekanselleer het. Die department maak dit egter in die verklaring duidelik dat daar geen vergadering tussen die minister en die onderwysunie beplan was nie.



