Die Hoër Tegniese Skool (HTS) in Kimberley het sy deure gesluit na persone daar positief getoets het vir Covid-19. Nog een van die skole wat weens Covid-19-infeksies toegemaak het, is Laerskool Newton.
Geoffrey van der Merwe, woordvoerder vir die departement van onderwys in die Noord-Kaap, het bevestig dié skole, asook 46 ander skole in die Noord-Kaap, het toegemaak weens positiewe gevalle.
“Ons kan bevestig die nodige reëlings is met die departement van gesondheid getref om diegene wat met die geïnfekteerde persone in kontak was, op te spoor en te toets. Personeellede en leerlinge wat positief getoets het, is in isolasie.”
Van der Merwe sê verder die skole, asook die Pixley ka Seme-, ZF Mgcawu- en John Taolo Gaetsewe-kantore, sal gesluit bly tot die geboue en gronde ontsmet is en dit veilig vir onderwysers en leerlinge is om terug te keer.
Skole wat tot dusver toegemaak en heropen is:
Laerskool Carnavon
Hoërskool Enoch Mthetho
Laerskool Ikhwezi Lokusa
Hoërskool Phillipstown
Laerskool Zingisani
Laerskool Beacon
Hoërskool Veritas
Hoërskool Duineveld
Laerskool Delta
Kimberley Christian School
Noupoort Gekombineerde Skool
Hoërskool Remmogo
Shekinah Intermediêre Skool
Hoërskool AJ Ferreira
Skole wat toegemaak is en nog nie heropen is nie:
Laerskool JJ Booysen
Elizabeth Conradie Spesiale Skool
Laerskool Noord-Kaap
GN Pressly Intermediêre Skool
Laerskool Isagontle
Hoërskool Thabane
Laerskool Tshiamo
Hoërskool Barkley-Wes
Colston Intermediêre Skool
Hoërskool Rietvale
Hoërskool Vuyolwethu
Laerskool Kuruman
Jannie Brink Spesiale Skool
Hoërskool Port Nolloth
Hoërskool Roodepan
Laerskool DL Jansen
Hoërskool Kathu
Laerskool Rusfontein
Laerskool Kudumane
Laerskool Segonyana
Laerskool Sedibeng
Hoërskool Itekeleng
Kimberley Boys High Skool
Kathu Curro Skool
Laerskool Tshwarelela
Laerskool Kim Kgolo
Laerskool Rietrivier
Emang Mmogo Gekombineerde Skool
Hoër Tegniese Skool Kimberley
Laerskool Alpha
Laerskool St Johns
Laerskool Emthanjeni
Laerskool Newton
Laerskool Kimberley Junior



