President Cyril Ramaphosa het vanaand in sy toespraak aan die nasie bekendgemaak Suid-Afrika sal steeds op vlak drie van inperking bly, maar strenger reëls sal toegepas moet word.
Drankverkope is met onmiddellike effek opgeskort.
Die nasionale ramp word tot en met 15 Augustus verleng.
’n Aandklokreël sal van môre, 13 Julie 2020, ingestel word. Almal moet by hul huise bly tussen 21:00 en 04:00, met ’n uitsondering vir diegene wat werk of dringende mediese hulp nodig het.
Eienaars, werknemers, taxi’s en eienaars van enige publieke plekke word nou wettiglik verplig om toe te sien dat mense wat hul perseel of voertuig betree, ’n masker moet dra. Dit gaan strenger gereguleer word.
Dit word steeds nie toegelaat om by familie of vriende te kuier nie.
Geen verduidelik oor waarheen die miljoene rande beskikbaar gestel vir hulpfondse gegaan het, is gegee nie.



