September 16, 2021

Wat dink jy gaan Ramaphosa vanaand sê?

President Cyril Ramaphosa sal Suid-Afrikaners vanaand om 20:00 toespreek.

Daar was die afgelope maand ‘n groot toename in Covid 19-infeksies. Daar word verwag dat die president moontlik weer ’n aantal beperkinge in werking kan stel.

Soortgelyke inperkinge is die afgelope week regoor die wêreld hervat.

In Australië is meer as 5 miljoen mense weer onder inperking geplaas as gevolg van die styging in positiewe Covid-gevalle.

In Engeland is alle skole en nie-essensiële dienste in Leicester gesluit. Dié stad maak op vir meer as 10% van die land se aktiewe infeksies.

Patna, ‘n stad in Indië, is vanaf 10 Julie weer onder volle inperking, terwyl ander areas in die land dieselfde stappe kan volg, sou infeksies vermeerder.

Spanje het meer as 700,000 van hulle inwoners onder inperking geplaas – een van die strengste inperkings ter wêreld.

Kyk die regstreekse uitsending vanaand hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *