SAPD vernietig en smelt meer as 30 000 vuurwapens

Deel hierdie storie / Share this story

Die polisie het meer as 30 000 onwettige vuurwapens wat gekonfiskeer is, gesmelt en só vernietig.

Brig. Vish Naidoo, polisiewoordvoerder, sê meeste van die vuurwapens is gedurende intelligensie-gedrewe operasies en reaksie op wenke van die publiek gekonfiskeer.

Die smeltproses het by Arcelor Mittal Staal in Vereeniging plaasgevind.

Gen. Khehla John Sitole, nasionale polisiekommissaris, het die aankondiging dat die vuurwapens vernietig sal word in die staatskoerant op 13 Mei gepubliseer.

In die laaste finansiële jaar, 2019/2020, het die polisie meer as 52 000 vuurwapens met twee geleenthede vernietig. Meer as 33 000 vuurwapens is nou teen die eerste helfte van die finansiële jaar vernietig.