KYK: Usain Bolt se eersteling, Lightning

Deel hierdie storie / Share this story

Usain Bolt, die Olimpiese naellooplegende, het Woensdag ‘n foto van sy babadogtertjie op Twitter met die wêreld gedeel. Haar unieke naam, Olympia Lightning Bolt, is iets om oor te spog.

Bolt en Kasi Bennet is sedert 2014 ‘n paartjie, maar het eers in 2016 hulle verhouding bekend gemaak.

Bolt is die wenner van agt Olimpiese goue medaljes. Hy het vir die laaste keer by die Wêreldkampioenskap in 2017 ‘n derde plek in die 100 m behaal.