NOORD-KAAP – Olebogeng Mothupi en ’n medepligtige het in Januarie 2019 ’n vrou verkrag ná hulle voorgegee het om haar ’n rygeleentheid huis toe te gee.
Brig. Mohale Ramatseba, polisiewoordvoerder, sê die twee mans het die slagoffer na verlate koshuisgeboue in Batlharos geneem waar sy verkrag is.
Die slagoffer het probeer losbreek, maar Olebogeng en die medepligtige was sterker as sy en het haar na ’n kamer gesleep waar sy herhaaldelik deur die medepligtige verkrag is. Olebogeng het probeer om die slagoffer te verkrag, maar sy kon hom van haar afstoot.
Die slagoffer kon wegkom en het dadelik ’n saak by die polisie gaan open, waarna die twee verdagtes dadelik aangekeer is.
Olebogeng is tot agt jaar tronkstraf gevonnis vir poging tor verkragting en sy medepligtige is 20 jaar tronkstraf opgelê vir verkragting na hy skuldig gepleit het.



