Covid-19: Meer as 200 000 gevalle

Deel hierdie storie / Share this story

Die nuutste koronasyfers in Suid-Afrika is gister deur dr. Zwelini Mkhize, die minister van gesondheid, bekendgemaak.

Ná die laaste aankondiging het die aantal gevalle met 8 971 gestyg, wat beteken daar is nou ’n totaal van 205 721 Covid-19-gevalle in Suid-Afrika.

Die land se sterftesyfer staan op 3 310 en 97 848 persone is al van die virus genees.

Die land se gesondheidspanne en hospitaalgroepe kon tot op hede 1 864 111 toetse vir Covid-19 doen.