Die nuutste koronasyfers in Suid-Afrika is gister deur dr. Zwelini Mkhize, die minister van gesondheid, bekendgemaak.
Ná die laaste aankondiging het die aantal gevalle met 8 773 gestyg, wat beteken daar is nou ’n totaal van 196 750 Covid-19-gevalle in Suid-Afrika.
Die land se sterftesyfer staan op 3 199 en 93 315 persone is al van die virus genees.
Die land se gesondheidspanne en hospitaalgroepe kon tot op hede 1 830 161 toetse vir Covid-19 doen.



