Die nuutste koronasyfers in Suid-Afrika is gister deur dr. Zwelini Mkhize, die minister van gesondheid, bekendgemaak.
Ná die laaste aankondiging het die aantal gevalle met 10 853 gestyg, wat beteken daar is nou ’n totaal van 187 977 Covid-19-gevalle in Suid-Afrika.
Die land se sterftesyfer staan op 3 026 en 91 227 persone is al van die virus genees.
Die land se gesondheidspanne en hospitaalgroepe kon tot op hede 1 792 078 toetse vir Covid-19 doen.



