Slegs enkele grade keer Maandag terug skool toe

Deel hierdie storie / Share this story

Die departement van basiese onderwys het Donderdag bekendgemaak enkele grade sal Maandag 6 Julie weer terugkeer skool toe. Slegs leerlinge in gr. R, gr. 6 en gr.11 sal terugkeer skool toe en gr.1, gr.3 en gr. 10 wat ook aanvanklik sou terugkeer, moet eers tuisbly.

Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, sê die besluit is van toepassing op alle provinsies en die ander grade sal later in Julie ingefaseer word.

Minister Motshekga het in ’n verklaring gesê dié besluit is geneem na die departement verslae oor die gereedheid van skole vir die heropening bespreek het.

“Ons sal die fases van heropening só aanpas om alle faktore wat die werk wat ons doen, affekteer, in ag te neem. Wat ons tot hierdie besluit gebring het, is die stygende aantal Covid-19-gevalle in die land. Skole is in dieselfde gemeenskappe wat deur die virus geaffekteer word en daarom moet ons noukeurige besluite neem,” sê sy.