POTCHEFSTROOM – ’n Polisiesersant (41) se kollegas het haar by haar huis gaan soek toe sy nie die oggend vir werk aangemeld het nie. Hulle het haar liggaam in ’n plas bloed op die vloer in haar huis gekry.
Brig Sabata Mokgwabone, polisiewoordvoerder, sê Martha Mamoitoyi Bouwer se lyk is Woensdagaand om 19:50 met wonde aan haar liggaam in haar huis gekry. Niemand is nog teen vanoggend in hegtenis geneem vir haar moord nie.
Volgens berigte is Bouwer laas by haar ekskêrel gesien. ’n Voorlopige ondersoek het aan die lig gebring Bouwer se motor word vermis.



