KIMBERLEY – Die Sol Plaatje-universiteit het gister aangekondig die universiteit se 2019-2020 studenteraad het op 30 Junie vergader om ’n nuwe hoofleier te kies.
Ntesang Makutu het deur die meerderheid stemme gewen en het haar plek as hoofleier op 1 Julie ingeneem. Sy is die eerste vroulike hoofleier sedert die universiteit se bestaan.
“Ons wens mej. Makutu slegs sukses toe vir haar tyd as studenteraad-hoofleier,” het die universiteit op hulle Facebook-blad gesê.



