President Cyril Ramaphosa het gisteraand gesê die sigaret- en tabakverbod tydens die inperking sal mettertyd gelig word.
President Ramaphosa het dit as antwoord op ’n vraag in ’n virtuele vraagsessie genoem. Hy het gesê die land sal nie vir ewig in inperking wees nie en alhoewel die verbod steeds geld, sal dit eventueel gelig word.
“Die realiteit is dat die grendeltyd nie vir ewig kan aanhou nie. Mense moet ’n inkomste verdien. Leerlinge moet met onderrig voortgaan. Besighede moet heropen vir werknemers om hulle werke te hou,” het hy gesê.
Die Gautengse hooggeregshof het verlede week FITA se hofsaak teen die regering om die sigaretverbod te lig, van die rol geskrap. Lees die berig hier.
Die Wes-Kaap-hooggeregshof sal vroeg volgende week die British American Tobacco SA (BATSA) se saak oor die sigaretverbod aanhoor.



