KIMBERLEY – Verskeie gebarste pype in Cassandra is die rede vir baie inwoners se frustrasie. Een van die pype, wat vir byna vyf dae lank gelek het, is gistermiddag deur die munisipale werkers reggemaak, sê Dawie Griesel, inwoner van Kimberley.

“So ’n rukkie terug was daar elke dag ’n nuwe gebarste pyp in Cassandra. Die Sol Plaatje-munisipaliteit het aanvanklik ’n valve kom insit om die waterdruk ’n bietjie minder te maak. Die klep stel gereeld uit en dien dan nie sy doel nie en die pype hou aan bars.”

Griesel sê dink die beste oplossing vir die probleem sal wees om die klep weer in te stel, in plaas van om elke dag ’n pyp te gaan herstel. Hy sê die munisipaliteit sê ’n tekort aan diesel is waarom hulle werkers nie die pype kan kom herstel nie.
FiND iT het by die munisipaliteit navraag gedoen. Thoko Riet, woordvoerder vir die munisipaliteit, sê sy sal so gou as moontlik ’n antwoord hê.



