Die nuutste koronasyfers in Suid-Afrika is gister deur dr. Zwelini Mkhize, die minister van gesondheid, bekendgemaak.
Ná die laaste aankondiging het die aantal gevalle met 8 124 gestyg, wat beteken daar is nou ’n totaal van 159 333 Covid-19-gevalle in Suid-Afrika.
Die land se sterftesyfer staan op 2 749 en 76 025 persone is al van die virus genees.
Die land se gesondheidspanne en hospitaalgroepe kon tot op hede 1 666 939 toetse vir Covid-19 doen.



