Gedenkdiens vir leraar wat homself in kerk hang

Foto: Skermgreep

Ds. Henk Calitz (40), leraar by die gereformeerde kerk in Carletonville in Gauteng, het homself in sy kerk gehang.

Hy het sy vrou en vyf kinders agtergelaat toe hy homself om die lewe gebring het. Sy liggaam is verlede Vrydagoggend gekry.

Wouter van Wyk, woordvoerder vir die kerk, het gesê dit was ’n baie groot skok. Hy het gesê Calitz het nooit vir die kerk vir hulp gevra nie, wat ’n jammerte is.

Van Wyk het gesê die kerk is geleë in ’n gemeenskap wat deur die pandemie ondergekry is, iets wat die predikant meer as net bekommerd gelaat het, berig Netwerk24.

’n Gedenkdiens word vandag vir ds. Calitz gehou.

Ds. Calitz het in April vanjaar op sy Facebook-blad in ’n plasing vertel van ’n emosionele ding wat met hom gebeur het. Polisiebeamptes het hom op die pad na Parys by ’n padblokkade voorgekeer en hy is gevra om af te trek en sy permit om te mag reis, vir hulle te wys. Hy was bekommerd dat hy in hegtenis geneem sou word, maar die polisiebeamptes het hom gevra of hy bereid sou wees om vir hulle te bid.

Hy het vir hulle gebid, die beamptes het sy hand geskud en hy het daar weggery met ’n knop in sy keel, het hy geskryf.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: