Werk koffie regtig vir selluliet?

Mense het al aan elke manier moontlik gedink om koffie te gebruik, behalwe om dit te drink. Baie mense sweer koffiekorrels is die antwoord vir jou sellulietprobleme.

Studies het bewys die skuur van koffiekorrels op jou vel kan die voorkoms van selluliet tydelik verminder, alhoewel dit nie selluliet permanent kan wegvat nie.

Hoe om ’n koffieskrop vir selluliet te maak:

Bestanddele:

1 koppie koffiekorrels
½ koppie klapperolie (of soet amandelolie)
⅔ koppie growwe suikerkorrels
4–8 druppels kaneelolie
8 druppels vanielje-olie

Meng alles saam.

Nadat jy jouself in die stort gewas het, masseer die koffieskrop oor die liggamsdele waar selluliet gewoonlik voorkom (boude en dye) sowel as oor enige area waar selluliet sigbaar is.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *


The maximum upload file size: 10 MB.
You can upload: image.
Links to YouTube, Facebook, Twitter and other services inserted in the comment text will be automatically embedded.

%d bloggers like this: