Uiteet en fliek, wat jy alles behoort te weet

Deel hierdie storie / Share this story

Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van samewerkende regering en tradisionele sake, het Donderdag die nuwe regulasies ingevolge restaurante, casino’s en teaters bekendgemaak.

Alhoewel nagklubs en sjebiens toe bly, mag jy weer vir ’n aansit-ete jou gunstelingrestaurant besoek. Jy mag nie alkohol bedien word nie en restaurante moet aan streng gesondheidsmaatreëls voldoen. Alles moet gereeld ontsmet word.

Daar is volgens die regulasies geen beperkte ure vir restaurante om oop te wees nie en ook nie ’n beperkte voorgeskrewe aantal mense wat in ’n restaurant toegelaat sal word nie.

Mmamoloko Kubayi-Ngubane, minister van toerisme, het Vrydag gesê daar moet boekgehou word van name van persone wat kom uiteet,

alle kliënte moet te alle tye maskers dra, behalwe wanneer hulle eet of drink,

geen buffet-etes mag bedien word nie,

spyskaarte moet weggooibaar wees of na elke kliënt daaraan geraak het, ontsmet word

en kliënte moet gesondheidsvraelyste invul voor hulle by die restaurant mag ingaan.

Jy mag weer ’n fliekteater besoek, maar jy móét jou plek vooraf bespreek en daar mag nie meer as 50 mense op ‘n slag in ’n fliekteater wees nie.

In gewone teaters word ook net 50 persone op ’n slag toegelaat en 15 of minder persone mag by die produksie betrokke wees.

Jy mag die casino besoek, maar jy moet minstens 1,5 m van ander persone af sit. Alkohol mag nie bedien word nie. Casino’s mag slegs van 50% van hulle beskikbare spasie gebruik maak.