KBY-polisiestasie toe oor positiewe Covid-19-geval

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY – Die polisiestasie in Kimberley is vandag gesluit na ‘n polisiebeampte by dié kantore positief vir Covid-19 getoets het.

Volgens brig. Mohale Ramatseba, polisiewoordvoerder, is die polisiestasie vanoggend gesluit. Hy sê die lede wat positief getoets het, wat by die 10111-sentrum gewerk het, is in kwarantyn.

Die ontsmettingsproses is volgens Ramatseba vandag klaar en die polisiestasie sal op Dinsdag, 30 Junie, weer open.

Lt.kol. Risimati Peter Shivuri, provinsiale kommissaris van die Noord-Kaap, verseker die gemeenskap in Kimberley dienste wat vir die publiek gelewer word, sal nie negatief beïnvloed word nie.

Die stasiebevelvoerder, kol. Rikhotso, kan steeds by 082 469 0696 gekontak word. Alternatiewelik kan kol. Njilo by 082 447 1503 gekontak word.