Covid-19: Nuutste syfers

Deel hierdie storie / Share this story

Ná die laaste aankondiging het die aantal gevalle met 6 334 gestyg, wat beteken daar is nou ’n totaal van 138 134 Covid-19-gevalle in Suid-Afrika.

Die land se sterftesyfer staan op 2 456 en 68 925 persone is al van die virus genees.

Die land se gesondheidspanne en hospitaalgroepe kon tot op hede 1 567 084 toetse vir Covid-19 doen.