Steyn-standbeeld by universiteit verwyder

Deel hierdie storie / Share this story

BLOEMFONTEIN – Die President M.T Steynstandbeeld is Saterdag by die Universiteit van die Vrystaat verwyder. Die provinsiale erfenishulpbronowerheid het ’n permit vir die afbreek daarvan op 11 Junie 202 uitgereik.

Prof. Francis Petersen, rektor van die universiteit, het in ’n persverklaring gesê die universiteit het Saterdag die standbeeld afgebreek.

Die verwydering van dié standbeeld het Sondag 28 Junie 2020 ’n groot debat op Facebook ontlok en sommige mense is erg ontsteld omdat ’n groot gedeelte van die geskiedenis nou verwyder is.