Twee wat glo dagga vervaardig in hegtenis

Deel hierdie storie / Share this story

PRETORIA – Twee verdagtes van 24 en 26 jaar oud wat glo dagga vervaardig en versprei, verskyn vandag in die Christiana-landdroshof.

Die twee het glo dagga op ’n plaas op Boshof in die Vrystaat gekweek. Die Valke het menige aankoop by die verdagtes gemaak en ’n 26-jarige verdagte is tydens die tweede aankoop in hegtenis geneem.

Kol. Katlego Mogale, polisiewoordvoerder, sê verdere ondersoek het daartoe gelei dat die tweede verdagte (24) ook in hegtenis geneem is. “Met die valke se besoek aan die plaas het hul ontdek dat dagga in ’n veld met gekontroleerde groeiprosesse geplant is.”

Daar sal ook aandag gegee word aan die plaas wat gebruik is om die dagga te kweek, om te bepaal of dit nie aan die staat verbeur kan word nie.