Oefen in jou eie huis

Photo: Pinterest

Met die gimnasiums wat steeds toebly, is die oplossing om ‘n area in jou huis as ‘n plek vir oefen in te rig. Dis baie maklik om jou eie “home gym” te maak. Jy het basies net ‘n spasie nodig waar jy op die vloer kan oefen en ‘n bietjie musiek luister. Daar is verskeie apps wat jy kan gebruik om te oefen – sonder om enige apparate te gebruik.

Hoe om te begin:

  1. Kies ‘n spasie in jou huis wat jy nie baie gebruik nie. Soos ‘n buitekamer of motorhuis.
  2. Verf jou mure ‘n mooi kleur. Vermeulens Build It het die mooiste verwe.
  3. Lê ‘n mooi vloer. Jy kan rubber gebruik om die vloer sagter te laat vertoon. Jy wil tog kan lê en oefeninge doen.
  4. Sit vir jou motiverende slagspreuke teen die muur op.
  5. Spieëls is ‘n moet. Dit help jou om gemotiveerd te bly as jy sien hoe jy die oefeninge doen.
  6. As jy van gewigte gebruik maak, begin met slegs ‘n paar. Dis nie nodig om so baie te hê as jy begin nie.
  7. As jy nie ‘n stap- of fietsry masjien het nie, spring tou. Dit verbrand net so baie vet en jaag jou hartklop op.

Besoek Vermeulens Build It die naweek om te sien wat hulle alles het wat jou kan help om jou eie gimnasium in jou huis in te rig.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *


The maximum upload file size: 10 MB.
You can upload: image.
Links to YouTube, Facebook, Twitter and other services inserted in the comment text will be automatically embedded.

%d bloggers like this: