August 4, 2021

Raad met jou maat – Estelle antwoord

Hier is jou kans om ’n anonieme vraag oor jou verhouding te vra. Stuur jou anonieme vraag na [email protected].

Anonieme lesersvraag: 

Ek het pas uitgevind my verloofde het al vir die algelope jaar ’n verhouding met ’n ander meisie. Sy het my kom sien. Hy ontken dit al is al die bewyse daar. Wat moet ek doen?

Antwoord:

Anoniem, die feit dat jou verloofde die verhouding ontken, al is daar bewyse, maak hom ’n narsissis en dit beteken hy het glad nie berou oor wat hy gedoen het nie. Jy sal ’n keuse moet maak. Of jy verlaat die verhouding voor die verantwoordelikheid van ’n huwelik, of jy gaan voort en gee hom nog ’n kans. Dit is nou as hy nog ’n kans wil hê. Onthou ook net, hy het vir ’n jaar daarmee weggekom en kan dit heel moontlik weer doen. Jy sal moet besluit of dit is hoe jy die res van jou lewe wil deurbring.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *