Drie geboue toe oor positiewe Covid-19-geval

Deel hierdie storie / Share this story

Drie departementele geboue in Kimberley maak vandag toe weens ‘n bevestigde positiewe Covid-19-geval.

Die departement van samewerkende regering en tradisionele sake se Larry Louw-gebou in Cecil Sussmanstraat, die Francis Baard Distrik-gebou en die BP Jones-gebou in Woodleystraat is tydelik gesluit en sal volgens Xhantu Teki, woordvoerder vir die departement, op 29 Junie weer oopmaak.

Die departement sê hy volg alle gesondheids- en voorsorgmaatreëls om die verspreiding van die virus te vertraag.

Foto: Facebook