Die nuutste koronasyfers in Suid-Afrika is gister deur dr. Zwelini Mkhize, die minister van gesondheid, bekendgemaak.
Ná die laaste aankondiging het die aantal gevalle met 4 288 gestyg, wat beteken daar is nou ’n totaal van 101 590 Covid-19-gevalle in Suid-Afrika.
Die land se sterftesyfer staan op 1 991 en 53 444 persone is al van die virus genees.
Die land se gesondheidspanne en hospitaalgroepe kon tot op hede 1 353 176 toetse vir Covid-19 doen.



