Bophelo CCYC is opsoek na ‘n kinder- en jeugwerker in Kimberley.
Verantwoordelikhede:
- Verskaf ‘n veilige, ondersteunende en koesterende omgewing vir die kinders (babas en kleuters).
- Moet energiek, betroubaar en eerlik wees.
- Moet sober gewoontes hê.
- Moet bereid wees om dag- en nagskofte te werk.
- Bereid wees om die bestuurder te help met die dag tot dag omsien na babas en kleuters.
- Gereelde kommunikasie en betrokkenheid met die bestuurder.
- Administrasiewerk rakende die kinders (vul daagliks verslae in).
- Vorm deel en werk effektief saam ‘n multi-professionele span
Vereistes:
- Opleiding of ondervinding in baba- en kleutersorg.
- Opgelei of in die proses om opgelei te word as ‘n kind- en jeugsorgwerker.
- Vaardigheid in Afrikaans en Engels.
- Polisieverklaring
- Verklaring van die Nasionale Beskermingsregister
Vergoedingspakket sluit in:
- Salaris
- Jaarlikse verlof
Aansoeke sluit 26 Junie 2020
Stuur jou CV na [email protected] of gee dit persoonlik af by Blackingstraat 59 Herlear.
Net kandidate op die kortlys sal gekontak word



