Terwyl die skoonheidsbedryf Vrydag die nuwe regulasies vir sy heropening ontvang het en verligte Suid-Afrikaners Vrydagaand reeds afsprake gemaak het, wag die restaurantbedryf steeds vir die nuwe regulasies ingevolge sy heropening.
President Cyril Ramaphosa het Woensdag in sy toespraak aangekondig meer bedrywe sal nou gedurende vlak drie van inperking kan heropen. Die regulasies vir haar- en skoonheidsalonne is Vrydag in die staatskoerant gepubliseer, maar restaurante wag steeds vir die regulasies. Lees die berig hier.
Baie mense wonder of jou gesigmasker afgehaal sal kan word as jy in ’n restaurant sit en of jy sosiale distansiëring teenoor jou gesinslede sal moet handhaaf. Baie is bekommerd oor die ontsmetting van tafels en eetgerei in restaurante.
Totdat regulasies bekendgemaak word, mag kos slegs afgelewer of by restaurante gehaal word.



