Covid-19: Nuutste syfers

Deel hierdie storie / Share this story

Die nuutste koronasyfers in Suid-Afrika is gister 18 Junie deur dr. Zwelini Mkhize, die minister van gesondheid, bekendgemaak.

Ná die laaste aankondiging het die aantal gevalle met 3 478 gestyg, wat beteken daar is nou ’n totaal van 83 890 Covid-19-gevalle in Suid-Afrika.

Die land se sterftesyfer staan op 1 737 en 44 920 persone is al van die virus genees.

Die land se gesondheidspanne en hospitaalgroepe kon tot op hede 1 228 098 toetse vir Covid-19 doen.