Amptenaar kaalbors op video-konferensie

Deel hierdie storie / Share this story

Die inperking het beslis daartoe gelei dat baie mense sommer in hul pajamas bly wanneer hulle van die huis af moet werk. ’n Amptenaar van die Independent Development Trust (IDT) is egter op ’n video-konferensie in slegs ’n kortbroek gevang…

Die departement van openbare werke en infrastruktuur het Donderdag ’n verklaring uitgereik waarin hy die publiek en die voorsitters van die portefeuljekomitee om verskoning vra vir die ‘onaanvaarbare’ gedrag.

Die amptenaar het tydens die video-konferensie sonder ’n hemp en net in ’n kortbroek, op sy bed gelê, iets wat die departement as onaanvaarbare gedrag aanskou.

Adv. Sam Vukela, die direkteur-generaal van die departement, het beveel die amptenaar moet dadelik van die vergadering verwyder word en die saak moet in ’n ernstige lig gesien word.

Vukela het gesê dis ’n ernstige oortreding wat deeglike dissiplinêre stappe vereis en daarom sal die skuldige verhoor word.