Wat het 20 jaar terug opslae gemaak?

Deel hierdie storie / Share this story

Ons wêreld het drasties oor die jare heen verander.  Vandag gaan ons 20 jaar terug in tyd en sien wat het in 1999 in hierdie maand opslae gemaak:

1 Junie 1999 –  Die Britse sanger Dido se debuutalbum “No Angel” word in Amerika bekend gestel.

5 Junie 1999 – Franse Ope-tennis.  Martina Hingis byt die onderspit teen die magtige Steffi Graf van Duitsland.  4-6, 7-5, 6-2. Hierdie oorwinning was Graf se 22ste en finale Grand Slam-titel, sowel as haar 6de Franse enkel-titel.

5 Junie 1999 –  Reese Witherspoon (23) trou met Ryan Philippe (24).

6 Junie 1999 – 345 gevangenes breek uit die Putim- maksimumsekuriteit gevangenis. Hierdie was die grootste uitbreek in die geskiedenis van Brasilië.

6 Junie 1999 – Franse Ope-manstennis:  André Agassi wen sy eerste en enigste Franse titel deur Andrei Medvedev van Ukraïne met 1-6,2-6,6-4,6-3 en 6-4 te verslaan.

9 Junie 1999 –  Kosovo-oorlog: Die Federale republiek van Joegoeslawië en Noord-Atlantiese Treaty Organisasie teken ’n vredesverdrag.

12 Junie 1999 – Die akteur en filmdirekteur David Arguette (27) trou met een van die sterre van Friends-faam, Courtney Cox (34), in Kalifornië.

14 Junie 1999 –  Die rappper Eminem trou met Kimberly Anne Scott.

16 Junie 1999 – Thabo Mbeki word verkies as die tweede president van ’n demokratiese Suid-Afrika.

19 Junie 1999 – Stephen King word raakgery tydens ’n tref-en-trap-ongeluk op Lovell, Maine. In die proses doen hy verskeie beserings op. Sy longe val plat, sy regterbeen word vergruis en hy breek sy heup.

20 June 1999 –  US Gholf Ope – Payne Stewart wen sy tweede Ope-titel met een hou teen Phil Michelson.

20 Junie 1999 –  Krieket-wêreldbeker in Londen:  Shane Warne skitter met ’n afleweringstelling van 4/33.  Australië wen die wêreldbeker met 8 paaltjies. Lance Klusener van Suid-Afrika word aangewys as speler van die reeks.

22 Junie 1999 –  Die voormalige premier van Mpumalanga, Ndaweni Mahlangu, ontketen ’n storm in politieke kringe deur die stelling te maak dat dit “aanvaarbaar is vir politikuste om ’n wit leuentjie te vertel”

25 Junie 1999 –  Thabo Mbeki belowe in sy eerste staatsopening-toespraak om toenemende misdaad kaalvuis vas te vat.  Die aantal moorde in Suid-Afrika gepleeg, is die derde hoogste in die wêreld en meer as 49 000 verkragtingsake is in 1998 gerapporteer.

25 June 1999 –  Jean-Claude van Damme trou met Gladys Portuguese in Knokke-Heist, België.

25 Junie 1999 –  Die besigheidsmagnaat Rupert Murdoch (68) trou met die sakevrou Wendi Deng (30) op die seiljag, “Morning Glory”, in die New Yorkse hawe. Murdoch het op 8 Junie 1999 van sy vorige joernalis-vrou, Anna Torv (55), na ’n huwelik van 31 jaar, geskei.

27 Junie 1999 –  “Surrender”, die liedjie van The Chemical Brothers, word aangewys as die nr. 1-liedjie op die UK Album Chart.