President Cyril Ramaphosa het gisteraand die nuutste koronasyfers in Suid-Afrika bekendgemaak.
Ná die laaste aankondiging op 16 Junie het die aantal gevalle met 4 078 gestyg, wat beteken daar is nou ’n totaal van 80 412 Covid-19-gevalle in Suid-Afrika.
Die land se sterftesyfer staan op 1 674 en 44 331 persone is al van die virus genees.
Die land se gesondheidspanne en hospitaalgroepe kon tot op hede 1 200 736 toetse vir Covid-19 doen.



