Oupa raak You Tube-kooksensasie

Foto: Skermgreep van You Tube

’n Oupa wat sakke in ’n kruidenierswarewinkel gepak het, het tydens die wêreldwye Koronavirus-pandemie vir homself naam gemaak as ’n You Tube ster.

Die 79-jarige Tito Charly van Mexico het oor die afgelope paar weke resepte op sy You Tube-kanaal gelaai. Sy dogter het hom gehelp om die video’s te maak en sy kleinseun het hom gehelp met die tegniese kant van sy video’s. Binne ’n paar weke het hy 393 000 intekenare gekry.

AllRecipes berig Charly verkoop ook via Whatsapp van die bestanddele wat hy gebruik.

Die video’s wys hoe hy by die huis kosmaak, kompleet met emoji’s tussen-in en hy wat ’n happie vat aan die einde. Hy praat nou wel Spaans, maar jy kan presies sien wat hy doen.

Dit wys jou – jy is nooit te oud om iets nuuts te begin nie!

Gaan kyk na sy video’s hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *


The maximum upload file size: 10 MB.
You can upload: image.
Links to YouTube, Facebook, Twitter and other services inserted in the comment text will be automatically embedded.

%d bloggers like this: