GALESHEWE – Die verbrande lyk van ‘n man (45) is vanoggend deur gemeenskapslede in sy plakkershut, wat Dinsdagaand laat afgebrand het, gevind.
Kapt. Sergio Kock, polisiewoordvoerder, sê die oorsaak van die brand is nog nie vasgestel nie en die man is op die toneel dood verklaar.
Die ondersoek duur voort en enigiemand met inligting kan kapt. Gys Smith by 082 302 0393 kontak.



