Covid-19: Nuutste syfers

Deel hierdie storie / Share this story

Die nuutste koronasyfers in Suid-Afrika is gister deur dr. Zwelini Mkhize, die minister van gesondheid, bekendgemaak.

Ná die laaste aankondiging op 15 Junie het die aantal gevalle met 2 801 gestyg, wat beteken daar is nou ’n totaal van 76 334 Covid-19-gevalle in Suid-Afrika.

Die land se sterftesyfer staan op 1 625 en 42 063 persone is al van die virus genees.

Die land se gesondheidspanne en hospitaalgroepe kon tot op hede 1 172 513 toetse vir Covid-19 doen.